Goeie Middag aan al ons pragtige Bemarkers. Baie welkom aan die nuwe
bemarkers wat gedurende die afgelope paar weke van oral oor die land by ons
aangesluit het (dit gebeur byna daagliks). Ons wil graag hê dat u deel van ons
familie moet word, tuis moet voel, insette moet lewer, vrae moet vra en deel
word van ons familie moet word!
Meeste van ons bemarkers kom nou mooi aan die gang.
Vir die wat nog besig is om aan die gang te kom en die wat nog moet begin -
sterkte!
Ons is hier vir u om jou in al jou bemarkings pogings by te staan om
baie suksesvol te wees.
Ek heg hiermee saam vir julle die nuutste Afrikaanse "Geel
Bladsy".
1. Ons wil graag voorstel dat julle die "KISS" beginsel probeer wanneer
julle met die kliënte praat.
Jy kan self kies watter opsie jy van hou en wil gebruik. As jy verkies kan
jy steeds al die inligting telefonies aan die kliënt gee met die eerste
oproep.
Dit staan vir "Keep it SIMPLE stupid".
Tot nou het ons altyd alles in detail vir die kliënte probeer
verduidelik.
Meeste kliënte kan ongelukkig nie alles onthou nie en vra dan dat ons die
inligting vir hulle per Epos moet stuur
-dit verstadig eenvoudig die verkoopsproses.
Wat ons nou voorstel is die volgende -
Eerste Opsie
Hou dit baie meer eenvoudig!
"Meneer, ons wil graag julle besigheid vir u op TWEE HONDERD
EN VYFTIG verskillende Websites en Web Blaaie oral oor die Internet adverteer.
Die koste daarvan is slegs R1999 per jaar!"
As die kliënt dan vra dat jy meer moet vertel dan vertel ons hom dit wat op
die Geel Bladsy hieronder staan.
Tweede opsie
"Meneer, ons Maatskappy het 'n baie oulike Bemarkings pakket ontwikkel. Ek
skakel u net om toestemming te vra om vir u 'n Epos te stuur waarin ons die
proses meer breedvoerig verduidelik. Dit is slegs 'n EEN Bladsy Epos
boodskap".
Al die kliënte sê ja, behalwe die wat weet dat hulle
of
Werklik NIKS kan bekostig nie of
Nie meer werk kan hanteer nie en reeds baie te besig is.
Jy moet dan die volgende Epos na die kliënte uitstuur, elkeen met sy eie
naam en Epos adres in jou Epos program
(moet hulle nie in massa uitstuur nie). Jy moet natuurlik net jou naam,
telefoon nommer en Epos adres in jou Emails plaas.
Onderwerp: Bemarkingsplan soos belowe
Goeie môre Nick
In opvolg tot my telefoon gesprek met u gister heg ek hierby vir u die
Bemarkings Plan aan soos belowe.
Ek sal dit opreg waardeer as u daarna sal kyk.
Ek sal u bietjie later weer skakel om dit te bespreek.
Vriendelike groete
Louis Kearney
Tel 012-807 0330
Cell 083 281 2709